Crime Time Met William Munnik Kinders Wat Met Die Gereg Bots 2017 12 06.175957
Audio With External Links Item Preview
Share or Embed This Item
- Publication date
- 2017-12-06
- Topics
- Kind, Kinders, Gereg, Bots, Child, Justice, Act, Child Justice Act, 18, Tronk, Jail, Vonnis, Sentence
- Language
- Afrikaans
KINDERS WIE BOTS MET DIE GEREG: CHILD JUSTICE ACT 75/2008
Goeienaand! Ek is William Munnik met Crime Time waar ek vir jou `n blik op die misdadigers se wereld gee. Vanaand gaan ek met jou gesels oor kinders wie met die gereg bots. Die skoolvakansie het aangebreek en die kinders is verveeld en weet nie wat om te doen met hulleself nie. Hulle vaar die strate in in groepe en loop net rond of in die winkelsentrums. My oupa het altyd gese: “Ledigheid is die Duiwel se oorkussing.” En dit is baie waar woorde.Die kinders soek afleiding en dan bots hulle met die gereg. Dit het `n al groter tendens in Suid-afrika geword dat jeugdiges of tewel kinders met die gereg bots en betrokke raak met misdaad. So 2 weke terug het ek gepraat oor Gesinsgeweld en daar het ek gese dat kinders hulle ondraaglike huislike omstandighede wat gesinsgeweld aanbetref wil ontsnap en kom dan in aanraking met die kriminele element wie aan hulle `n huis gee en klere gee en eintlik `n familie aan hulle gee. Die kinders moet dan later hierdie familieskap terugbetaal deur misdaad vir die ouer mense te pleeg. Die regering het dit toe goed gevind om die Child Justice Act wet 75 van 2008 te skryf om hierdie kinders se regte te verseker. Die wet is baie noukeurig en deeglik geskryf en dit is in my mening `n baie goeie wet. Die motiewe was eerbaar van die skrywers van hierdie wet, maar dit het in hulle gesigte ontplof toe die doelstellings van die wet misbruik is om misdadigheid te bevorder. Die wet wat die kind moes beskerm en laat weerhou van misdadigheid het kinders vir die misdadigers meer aanloklik gemaak om vir hulle misdaad te pleeg in plaas daarvan dat hulle self die misdaad pleeg. Die grootmense het nou juis die kinders geleer hoe om te steel, hoe om in te breek en motors te steel ens, want die Child Justice Act het die kinders onaantasbaar vir die Strafproseswet gemaak. Die Strafproseswet wet 51 van 1977, is die wet wat misdadigheid soos diefstal en bedrog en huisbraak en moord en verkragting beheer. Die Child Justice Act het dus juis die teenoorgestelde effek gehad as wat beplan was en het juis kinders met die wet laat bots. Hoe hierdie wet wat ontwerp is om juis die kinders te beskerm en weg te hou van misdaad, hulle gedryf het na misdaad , sal ek na die musiekbreek met jou bespreek. Ek gaan vir jou Theuns Jordaan se Net voor die storms kom en Shakira met Moscas en la Casa speel.
Welkom terug. Ek is William Munnik met Crime Time waar ek jou `n blik op die misdadigers se wereld gee. Ek praat met jou oor die Child Justice Act wet 75 van 2008. Dis die wet wat veronderstel was om kinders uit misdadigheid te hou. Voor die musiekbreek het ek aan jou verduidelik hoe hierdie wet wat juis bedoel was om kinders van misdadigheid te beskerm, juis hulle gedryf het na misdaad en misdadigheid. Laat ek die doelstellings van die Child Justice Act met jou deel.
Doelstellings van die wet:
Die doelstellings van die Child Justice Act is eenvoudig:
1. Beskerming van die regte van die kind ingevolge die Grondwet van Suid-Afrika
2. Om die gees van Ubuntu in die kinderregstelsel te bevorder deur
a. Om `n kind se gevoel van waarde en selfrespek te bevorder
b. Om die gevoel van respek vir menseregte en vryhede te bevorder deur die kind aanspreeklik te hou vir sy dade
c. Om `n gevoel van rekonsiliasie te kweek deur herstellende regsstappe
d. Om die kind se familie en die kind en die slagoffers en ander rolspelers te betrek om die kind suksesvol in die samelewing te integreer.
3. Om spesiale behandeling te verseker om die siklus van misdaad te verbreek en veiliger gemeenskappe te verseker en te sorg dat die kind `n wetsgehoorsame burger word.
4. Om te voorkom dat kinders blootgestel word aan die negatiewe effekte van die regstelsel
5. Om te sorg dat die regeringsorganisasies en nie-regeringsorganisasies saamwerk om `n globale benadering te he om die wet te implementeer.
So in kort die Child Justice Act is ontwerp om die kind te beskerm en nie bloot te stel aan kriminaliteit nie en hom ook nie bloot te stel aan die regstelsel se negatiewe effekte nie. Het die wet daarin geslaag? In my opinie nee. Ek sal my opinie deur die loop van die program duideliker staaf.
Ek praat nou die hele tyd van terme soos grootmense en kinders. Volgens die Child Justice Act wet 75 van 2008 word `n grootmens gedefinieer as `n person wie 18 jaar of ouer is. `n Kind word volgens die wet gedefinieer as `n persoon wie jonger as 18 jaar oud is, maar kan ook `n persoon beteken wat 18 jaar of ouer is maar onder die ouderdom van 21 jaar is ingevolge Artikel 4 subartikel 2. Artikel 4 se basies dat as die kind jonger as 18 jaar oud was toe die beweerde misdaad gepleeg is en nou 18 jaar oud is, maar jonger as 21 jaar oud is, kan die hof beslis dat hy soos `n kind behandel moet word aangaande die regsproses wat gaan volg.
Welkom terug. Ek is William Munnik met Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee. Ek praat vanaand met jou oor kinders wie met die gereg bots. Ek het met jou gepraat oor die doelstellings van die wet en of `n kind gearresteer kan word of nie en die prosesse wat gevolg moet word. Nou gaan ek met jou deel hoe `n kind behandel moet word as hy met die Gereg bots.
Hoe moet `n kind behandel word wie met die Gereg gebots het?
1. Elke kind waarteen daar beweer word dat hy/sy `n misdaad gepleeg het en onder die ouderdom van 10 jaar oud is, moet `n Proefbeampte kry en moet daar met hom gehandel word aangaande Art. 9.Dus wat beteken dit? Dit beteken dat as `n kind onder die ouderdom van 10 jaar oud verdink word van `n misdaad, mag `n polisiebeampte hom/haar nie arresteer nie, maar moet hom onmiddelik aan sy ouers of aan `n aangewese volwasse person oorhandig word. As sy/haar ouers nie gevind kan word nie of is nie geskik om die kind te kan he nie, moet die kind aan `n gepaste grootmens of Jeugsentrum gegee word. Die Proefbeampte moet die kind assesseer en `n beslissing maak of die kind na `n Kinderhof verwys gaan word of in `n program ingeskryf gaan word of dat hy niks gaan doen nie.
2. Elke kind wie ouer as 10 jaar oud is en teen wie daar beweer word dat hy `n misdaad gepleeg het en wie `n voorlopige ondersoek moet bywoon, moet eers deur `n Proefbeampte geassesseer word.
3. As `n kind jonger as 14 jaar oud is, kan kriminelekapasiteit nie bewys word nie. So hy kan nie `n misdaadpleeg onder 14 jaar oud nie.
Kan jy sien dat hierdie gedeelte van die wet is ontwerp om die kind uit die kriminele regsstelsel te hou en nie bloot te stel aan kriminaliteit nie. Die probleem is dat die volwassenes hierdie gedeelte gesien en uitgebuit het, want as hy die kind kan leer om misdaad te pleeg, kan die kind nie gearresteer word nie en gaan die kind nie noodwendig `n hofsaal sien nie en nie werklik boet vir sy of haar dade nie. Dit het die gevolg gehad dat al hoe meer misdadigers kinders teiken en oplei om misdaad te pleeg.
Die tendens het ontstaan dat kinders al hoe meer betrokke raak met misdade soos huisbraak omdat hulle klein is en maklik deur diefwering kan kruip en diefstal en sakkerollery en dan word hulle ook ingespan om dwelms te vervoer van die een plek na `n ander plek. In al hierdie gevalle is dit misdade waar daar `n hoe risiko is dat hulle gearresteer kan word. Daarom word kinders ingespan om hierdie misdade te pleeg aangesien hulle nie kan gearresteer word nie. Sou hulle gevang word, word hulle in praktyk onmiddelik in hulle ouers se sorg geplaas. Dit beteken dat hulle baie vinnig weer op die straat is waar hulle weer kan misdaad pleeg.
Volgens Art. 20 van die Child Justice Act mag `n kind gearresteer word, maar dan moet hy aan sekere vereistes voldoen:
1. Die kind het nie `n vaste woonadres nie.
2. Waar die polisiebeampte glo dat die kind weer gaan misdaad pleeg as hy vrygelaat gaan word
3. Waar die polisiebeampte glo dat die kind `n gevaar vir `n ander person kan inhou.
4. Waar die misdaad in die proses is om gepleeg te word. Soos bv. As die kind `n bom geplant het en moet se waar dit is voordat dit sou ontplof.
5. In alle gevalle mag `n kind nie in `n gemerkte polisievoertuig vervoer word nie. Hy/sy moet in `n ongemerkte polisievoertuig soos `n speurdersvoertuig vervoer word.
6. Die kind mag ook geensins in boeie of voetboeie wees nie.
In alle gevalle moet die ouers in kennis gestel word van sy arrestasie.
Dit klink alles goed en wel dat `n kind gearresteer kan word, maar in die praktyk gebeur dit nie. Die polisie kontak gewoonlik gou die ouers en oorhandig hulle ook gou aan hulle ouers. Dit stel hulle net weer vinnig bloot aan hulle omgewing en omstandighede. Die ander kant is dat die plekke van veiligheid ook vol is en dat daar nie plek is vir nuwe kinders nie. Die plekke van veiligheid is met alle respek, ook nie `n goeie plek vir kinders nie aangesien dit vir alle praktyke net `n tronk vir kinders is. `n Tronk waar daar ouer en groter kinders is met baie jonger kinders. Die jonger kinders word dan geintimideer om deel te raak van bendes ens. En in werklikheid word hulle misdadigheid net bevorder. So dit bly maar `n tammelekie oor wat om regtig vir die kind te doen wat die beste vir hom of haar gaan wees.
Welkom terug. Jy kuier saam met William met Crime Time waar ek aan jou `n blik op die misdadige onderwereld gee. Ek praat vanaand met jou oor kinders wat betrokke raak met misdaad en dan met die Gereg bots. Tot dusver het ek jou vertel wat die doelstellings van die Child Justice Act is en ook hoe `n kind deur die polisie behandel moet word as hy/sy met die Gereg bots. Nou as die kind met die Gereg gebots het, wat is die volgende stap? Ek gaan nou met jou die hofproses bespreek sou die kind so `n ernstige misdaad gepleeg het dat hy in `n hof moet beland. Uit eie ondervinding gebeur so iets nie baie nie aangesien die Child Justice Act so geskryf is om juis die kind uit die regstelsel uit te hou en nie daaraan bloot te stel nie.
Die eerste wat onthou moet word, is dat die hof in Kamera sal plaasvind om die kind se identiteit te beskerm. Vir diegene wie nie weet wat die begrip “in Kamera” beteken nie. Dit beteken dat slegs die Landdros en Staatsaanklaer en hofordonans en Jeugdige wie gearresteer is en sy ouers en dalk sy prokureur as hy een sou he toegelaat word in die hof. Geen ander lede van die publiek word toegelaat nie.
Soos ek gese het, moet hy bygestaan word deur sy ma of pa of voog. Dit beteken dat sy ma of pa of voog elke hofverrigting moet bywoon. Hulle kan ook nie eintlik weier nie aangesien hulle gedagvaar of gewaarsku word deur die Landdros om die hof elke keer by te woon.
Verder is die hofverrigtinge dieselfde as in enige ander hof waar die getuies getuienis sal afle en die beskuldigde kand kry om hulle onder kruisondervraging te neem ens. Sou die beskuldigde skuldig bevind word, sal die Landdos dan `n gepaste vonnis gee met die hulp van `n Proefbeampte verslag.
Die doel van die assessering deur die proefbeampte:
Wanneer die kind “gearresteer” is of verdink word van `n beweerde misdaad word `n onderhoud met hom gevoer deur die speurder en die proefbeampte. Enige onderhoud met die kind moet in die teenwoordigheid van die ouers geskied. Indien die ouers oorlede of nie beskikbaar is nie, moet die onderhoud in die teenwoordigheid van die kind se voog of enige bevoegde grootmens soos `n Maatskaplike Werkster of `n VEP werker plaasvind.
Die doel van die onderhoud met die kind deur die speurder is om die kind se betrokkenheid met die beweerde misdaad na te speur.
Die doel van die ondehoud met die Proefbeampte is in Art 35 van die Child Justice Act vervat.
Die doel is:
1. Om vas te stel of die kind beskerming benodig en of hy/sy na `n Kinderhof verwys moet word.
2. Om die kind se ouderdom vas te stel sou daar twyfel daaroor wees.
3. Om vas te stel of daar vorige veroordelings of hangende sake teen die kind is en om te sien of hy/sy al van tevore met die Gereg gebots het.
4. Om aanbevelings te kan maak of die kind vrygelaat of in `n plek van veiligheid aangehou moet word.
5. Om te kyk of die aangeleentheid afgewentel kan word.
6. Om vas te stel of die kind deur `n grootmens gebruik is om die misdaad te pleeg.
7. Om enige ander inligting wat relevant tot die huidige saak bloot te kan le.
Alle inligting wat gedurende hierdie assessering bekom is, is konfidensieel.
Die inligting wat gedurende `n assessering bekom is, maag ook nie in die kriminele saak of borgaansoek of vonnisoplegging gebruik word nie. As hierdie Art 36 oortree word, kan jy tot 3 maande gevangenisstraf opgele word of `n boete kry. Hier kan jy sien die wet is ernstig oor die konfidensialiteit van die inligting wat deur die proefbeampte bekom word.
Kinders in aanhouding:
Sover my kennis strek gebeur dit nie meer dat kinders aangehou word in Polisieselle nie, maar daar kan uitsonderlike gevalle voorkom waar dit gebeur dat die ouers nie opgespoor kan word nie of dat die kind se ouers oorlede is en hy/sy nie `n voog het nie of dat die misdaad so ernstig is dat hy/ sy nie vrygelaat kan word nie. In sulke gevalle kan hy/sy in `n polisiesel aangehou word. Sodra so iets gebeur, geld die volgende reels.
1. Die kind moet apart van grootmense aangehou word.
2. Seuns en dogters moet apart van mekaar gehou word.
3. Hy/sy is geregtig op besoeke van sy ouers, predikant of voog of regsverteenwoordiger (prokureur)
4. Die kind is ook geregtig op mediese behandeling en kos en slaapplek en klere ens.
In baie uitsonderlike gevalle kan `n kind in `n tronk geplaas word, maar dit sal `n baie uitsonderlike geval wees.
Vonnisse
Sou `n kind skuldig bevind word, is daar `n paar tipes vonnisse wat hom opgele kan word.
1. Gemeenskapsdiens: Die doel is om die kind deel van die samelewing te behou en hom die regte pad te wys en te leer.
2. Restorative Justice: Hier kan die probleem Deur middle van `n familie groepsessie of mediasie tussen die slagoffer en pleger van die misdaad of enige ander straf wat volgens die reels van Restorative Justice kan plaasvind opgele word.
3. Die kind kan ook `n boete opgele word, maar voor dit gedoen kan word, moet vasgestel word of die kind of sy ouers by vermoe is om die boete te kan betaal en of die onvermoe om die boete te kan betaal, sal veroorsaak dat die kind gevangenis toe sal moet gaan.
4. Die kind ka nook Korrektiewe Toesig opgele word.
5. Hy kan ook gevonnis word om gedwonge verblyf in `n plek van veiligheid te kry.
6. Gevangenisstraf: `n Child Justice hof mag nie gevangenisstraf ople as die kind onder 14 jaar oud is nie. Gevangenisstraf mag wel opgele word vir `n kind 14 jaar oud en ouer. Dit mag egter net in uitsonderlike gevalle gebeur en moet vir die kortste moontlike tyd wees.
Wanneer `n kind 18 jaar oud word, verval sy rekord en is sy rekord skoon.
Welkom terug. Ek is William Munnik met Crime Time. Ek gaan nou met jou `n paar gedagtes deel oor hoe om te voorkom dat jou kind met die Gereg bots.
Hoe om te voorkom dat jou kind met die Gereg bots:
1. Weet waar jou kind is. Hoeveel mense weet werklik waar hulle kinders hulleself bevind? Jou kind se miskien vir jou hy/sy gaan by Piet of Jan of Chandre kuier, maar hoeveel kom werklik daar uit of bly daar en loop nie rond nie.
2. Ken jou kinders se vriende. Moenie net hulle name ken nie. Ken hulle ouers en weet waar hulle bly.
3. Kry jou kinders se vriende se ouers se telefoonnommers en bly in kontak met daardie ouers.
4. Maak uitslaapreelings van jou kinders met hulle vriende se ouers om te sorg dat die ouers kennis dra van die uitslaapreelings en wat jou reels is aangaande jou kinders.
5. Leer jou kinders die regte morele waardes van kleins af.
6. Bou `n verhouding met jou kind soda thy/sy sekere goed openlik met jou sal deel.
7. Onthou dis jou kind. Jy bly verantwoordelik vir daardie kind in alle opsigte totdat hy/sy 18 jaar oud is.
Ek het aan die einde gekom aan my program en se tot siens en bly veilig tot volgende Woensdag om 18:00 wanneer ek jou weer `n blik gaan gee op die misdaad wereld. Onthou Saterdag om 08:00 om in te skakel by Wat Nou? Waar ek jou naweek gaan help beplan. Met enige navrae of voorstelle oor hierdie program, kan jy my epos by William@netradiosa.co.za. Tot weersiens en bly veilg.
- Addeddate
- 2017-12-06 17:26:40
- Identifier
- CrimeTimeMetWilliamMunnikKindersWatMetDieGeregBots20171206.175957
- Scanner
- Internet Archive HTML5 Uploader 1.6.3
comment
Reviews
26 Views
DOWNLOAD OPTIONS
IN COLLECTIONS
Community Audio Community CollectionsUploaded by Dredd455 on